Monthly Archives: December 2017

Onsekerheid oor VS ANC-kongres se toekoms

Onsekerheid oor VS ANC-kongres se toekoms

Onsekerheid oor of die ANC in die Vrystaat se provinsiale Verkiesingskongres die naweek sal voortgaan heers steeds, te midde van vrae oor die geldigheid van 29 Algemene Takvergaderings, wat volgens ‘n hofbevel herbelê moes word. Regsverteenwoordigers vir die ANC-lede wat die aansoek teen die takvergaderings gebring het, sê die hof sal more redes vir verlede week se besluit verskaf, en dit sal hul volgende stap bepaal. Die groep se prokureur, Hanno Bekker, sê daar moet ook gekyk word, of die takke in Thabo Mofutsanyana, Lejweleputswa, Mangaung en Gariep wat dié week hul vergaderings herbelê die regte prosedures gevolg het, en by die hof se bevele gehou het, voordat daar sekerheid […]

ANC se VS-kongres dalk nietig verklaar

ANC se VS-kongres dalk nietig verklaar

Die ink op die notule van die ANC se Vrystaatse provinsiale kongres eerskomende Sondag en Maandag in Parys gaan skaars droog wees, dan kan die hooggeregshof in Bloemfontein die kongres en alle besluite daarop nietig verklaar. Die 26 ondersteuners van Cyril Ramaphosa as nasionale leier van die ANC, wie se hofaansoek daarvoor verantwoordelik is dat dié kongres met ’n week uitgestel is, beplan vroeg in volgende week nog ’n aansoek in die hooggeregshof. Hulle gaan waarskynlik ook vra dat die afgevaardigdes van die meer as 300 ANC-takke in die provinsie na die nasionale konferensie op 16 Desember verbied moet word om dit by te woon. Hanno Bekker van Bekker-prokureurs in […]

Cyril- en NDZ-faksies in VS mik weer hof toe

Cyril- en NDZ-faksies in VS mik weer hof toe

Die messe word weer geslyp vir ’n volgende ronde in die Vrystaatse hooggeregshof tussen die ANC se twee faksies in die Vrystaat wat onderskeidelik Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma as kandidate vir die land se presidentskap steun. Dié keer is die Vrystaatse afgevaardigdes wat die ANC se nasionale verkiesingskongres op 16 Desember wil bywoon die teiken. Uit ’n brief van Hanno Bekker van Bekker-prokureurs in Bloemfontein namens die Ramaphosa-ondersteuners aan die Moroka-prokureurs (wat die Dlamini-Zuma-ondersteuners verteenwoordig) blyk dit dat die hof gevra gaan word om al die Vrystaatse afgevaardigdes te verbied om die nasionale konferensie by te woon. As dié hofaksie slaag, kan dit Dlamini-Zuma se kanse vir die […]