Daily Archives: December 6, 2017

ANC se VS-kongres dalk nietig verklaar

ANC se VS-kongres dalk nietig verklaar

Die ink op die notule van die ANC se Vrystaatse provinsiale kongres eerskomende Sondag en Maandag in Parys gaan skaars droog wees, dan kan die hooggeregshof in Bloemfontein die kongres en alle besluite daarop nietig verklaar. Die 26 ondersteuners van Cyril Ramaphosa as nasionale leier van die ANC, wie se hofaansoek daarvoor verantwoordelik is dat dié kongres met ’n week uitgestel is, beplan vroeg in volgende week nog ’n aansoek in die hooggeregshof. Hulle gaan waarskynlik ook vra dat die afgevaardigdes van die meer as 300 ANC-takke in die provinsie na die nasionale konferensie op 16 Desember verbied moet word om dit by te woon. Hanno Bekker van Bekker-prokureurs in […]