Ace Magashule en Thabo Manyoni in gelukkiger tye. Magashule is die huidige ANC-voorsitter in die Vrystaat en die premier. Hy is ’n belangrike pilaar in die Nkosazana Dlamini-Zuma-kamp. Manyoni, gewese burgemeester van die Mangaung-metro, veg om die nuwe voorsitter en premier in die Vrystaat te word en is in die Cyril Ramaphosa-kamp. ’n Groep ANC-lede gaan dié week ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Bloemfontein bring om die provinsiale verkiesingskonferensie van 1 tot 3 Desember in sy spore te stuit. Indien die aansoek slaag, kan dit adj.pres. Cyril Ramaphosa se kanse om as die ANC-leier op die nasionale konferensie van 16 tot 20 Desember verkies te word dramaties versterk. […]